Korttermynversekering
Om 'n Lang Storie Kort te Maak.
Die hoof onderskeid tussen korttermyn- en langtermynversekering (behalwe vir die ooglopende kort- en langtermyn) is dat eersgenoemde gewoonlik fisiese items soos huise, voertuie en persoonlike besittings beskerm, terwyl langtermynversekering op lewenslange kontrakte dui. Sommige mense noem korttermynversekering selfs leefstyl-versekering, omdat dit vir jou dag-tot-dag gemoedsrus gee en jou besittings beskerm.
Vir byna enige gebeurtenis waar jy teëspoed optel, is daar korttermynversekering beskikbaar. Byvoorbeeld:
- Motorversekering beskerm jou motor teen ongelukke, skade, kapings en diefstal. Die mees algemene tipe motorversekering is Omvattende Dekking, wat Derdeparty asook brand en diefstal en beperkte mediese uitgawes insluit. Moedswillige beskadiging asook die vervanging van glas is ook hierby ingesluit.
- Huishoudelikeversekering bied jou huis en die inhoud finansiële beskerming teen enige moontlik skade, deur huiseienaarsversekering en huisinhoudsversekering.
- Wanneer jy daardie kort, maar welverdiende ruskans neem, is daar nog 'n soort versekering om te oorweeg naamliks reisversekering. Om die waarheid te sê, reisversekering en ander reisdokumente moet as ewe belangrik geag word. Reisversekering bied gewoonlik dekking vir bagasie en persoonlike besittings, mediese nooddienste en verwante uitgawes, persoonlike ongeluksdekking en persoonlike regsaanspreeklikheid.
- Alhoewel niemand hul gesondheid as korttermyn wil beskou nie, is korttermyn medieseversekering 'n tydelike opsie indien jy van werk verander, voor dekking van 'n nuwe mediese plan in werking tree, seisoenswerkers, ens.
Die jongste neiging in die versekeringsbedryf is om die middelman uit te skakel - sodoende word die eens uitgerekte proses van korttermynversekering uitneem 'n kort en kragtige oefening. Die uitskakel van die tussenganger bied ook dadelik 'n besparing van tussen 10 en 15% op jou premies, aangesien geen agentekomissie in berekening gebring hoef te word nie. Om die direkte opsie te neem hoef jou dus nie noodwendig in die steek te laat nie.
Die korttermynversekeringsbedryf is ook deurlopend aan die uitbrei en verbertering in 'n poging om selfs meer beskerming en gemoedsrus te bied. Dit is duidelik sigbaar uit 'n onlangse besluit deur die Suid-Afrikaanse Versekeringsassosiasie (SAVA) dat besigheide en goedere soos voertuig-opspoorstelsels, insleepdienste, alarminstalleerders en -stelsels deur die korttermynversekeringsbedryf gelisensieer moet word. Dit behoort jou meer op jou gemak te laat voel oor die waardigheid van 'n maatskappy of produk, en dit sal ook die versekeraar beskerm teen onnodige uitgawes as gevolg van produkte wat nie op standaard is nie.
Om te sorg dat jy nie met jou begroting 'n tekortkoming het nie, het ons 'n paar belangrike wenke vir besparing:
- Maak seker dat jy nie jou voertuie oorverseker nie
- Hou jou premies laer deur jou geen-eis bonus te behou.
- Sommige maatskappye bied jou kontant-terug-in-jou-sak indien jy nie eis vir 'n sekere tydperk nie.
- Verbeter die sekuriteit by jou huis, of trek na 'n veiliger woonbuurt.
- Kliënte oor 'n sekere ouderdom kwallifiseer vir verlaagde premies.
Wanneer die ongeluk jou tref, mag jy dalk besef dat korttermynversekering niks kort van 'n lewensredder is nie...