Afrikaanse Artikels oor Versekering

Afrikaanse Artikels oor Versekering

vuurHuisinhoudversekering

Laat gesegdes soos "moenie met vuur speel nie" en "kry die wind van voor" jou in 'n koue-sweet uitslaan? Jy het gemoedsrus nodig; jy het huishoudelike versekering nodig.

Die alledaagse realiteit is dat jou huis en jou besittings finansiële beskerming nodig het teen enige skade wat mag voorkom.

Motorversekering

padMet sò 'n hoë vlak van motordiefstal, motorkapings en motorongelukke op Suid-Afrikaanse paaie, is dit raadsaam om motorversekering uit te neem om jou voertuig teen verkeie voorvalle te beskerm.

Raak geletterd oor motorversekering en al die keuses, en moenie 'n vyfde wiel aan die wa wees wanneer jou vriende hulle polisse bespreek nie.

vraagtekenVersekeringskwotasies

Voel jy soms of jy jou kwota van versekeringskwotasie-soektog in het, en nogtans wil almal jou ompraat om die eerste en beste ding op die mark uit te neem?

Jy hoef nie in die verknorsing te sit oor versekeringskwotasies nie

Korttermynversekering

Die hoof onderskeid tussen korttermyn- en langtermynversekering (behalwe vir die ooglopende kort- en langtermyn) is dat eersgenoemde gewoonlik fisiese items soos huise, voertuie en persoonlike besittings beskerm, terwyl langtermynversekering op lewenslange kontrakte dui. Sommige mense noem korttermynversekering selfs leefstyl-versekering, omdat dit vir jou dag-tot-dag gemoedsrus gee en jou besittings beskerm.